‘VOSHAARNOOI' 2018

albumart

Voshaarnooi 

(words by Louis van Rensburg, music by Izak van der Merwe, re-arrangement: Ike Moriz)

Bantam hom so,
en flennie die snare.
Ek is verlief op die kind.
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare.
Ek is verlief op die kind.

Hoor jy meisie met die sweetvoshare.
Verstaan jy die praat
van die ramkie snare?
Ek is verlief op jou kind.


Lappa lei vir Bella koud,
in Waboomskloof se geel bossies.
Lappa maak vir Bella stout,
met Hanepoot se natrossies.
Donkerrooi die wingerdblaar
en warmrooi die mond van haar.

My hart, blom wit vir die voshaarnooi.
Pluk heide van, die rooiste rooi.
Vir hierdie einste voshaarnooi.

2x (Bellabint my meisiekind,
dis hartblom wit, dis heiderooi.)
Vir jou my voshaar meisiekind.

Hoor jy meisie met die sweetvoshare?
Verstaan jy die praat
van die ramkie snare?
Ek is verlief op jou kind.
Ek is verlief op jou kind.